A happening church North of the Magalies where people seek life change in Jesus

Saturday, August 19, 2006

Bugs Hoekie

W E L K O M
Welkom & dankie aan Oom Bertus, Tannie Linda en Tannie Corlia! So bly julle het by ons aangesluit! Het julle al Tannie Linda se “cozy” boekwinkel in Wonderpark gesien?

3 K L A S S E
Die 3 apparte klasse werk te lekker! En ons kan tog heerlik op die nuwe swartborde skrabbel.

O N S O U T J I E S
Die Van der Meijdens is ‘n vrolike drie: Francois hou van stories vertel & teken; Pieter geniet rekenaar en somme; en Cecilia, die ballerina, het ‘n hond (Lucky) , wat haar soos ’n skaduwee volg…

S P O R T - BUGS
Maria en haar netbalspan het baie goed gespeel en die skool se naam hoog gehou. Net so André met sy rugby. Hanneke en Peter is na die koue Kimberley toe vir die korfbaltoernooi.

K A M P
Spaar julle al vir die Hoekie se laerskoolkamp van 25-27 Augustus? Dis R190 en die vorms is by tannie Agnes. Ons wil ook graag digitale foto’s van julle en jul diertjies hê. Stuur asb. aan
ahlugthart@lantic.net … ag, toe.


J E S U S
As jy roep, sal die GOEIE HERDER jou vind … jou soos ‘n lammetjie optel in sy arms en jou terugdra as jy verdwaal het. Sy arms is nie te kort om jou te red by die afgrond te red nie! As jy Hom roep sal Hy jou vind.

V E R S I E S G E L E E R
God is getrou in alles wat Hy doen!
Hy is gister, vandag en vir altyd dieselfde! Kan jy nog onthou waar die twee verse staan?

Monday, August 14, 2006

X-Klub!

Following Jesus: If not, why not???
Wat ‘n voorreg is dit nie om Jesus te kan volg nie? In hierdie kwartaal is ons as X-clubbers ge-challenge om Jesus #1 in ons lewens te maak en Hom te volg ongeag omstandighede. Ons is uitgedaag om alle struikelblokke wat ons van sy liefde af kom, te laat gaan en met ’n skoon gewete Hom te kan volg en Hom in alle aspekte van ons lewens te ken.

Baie dankie aan almal wat bydrae gemaak het tot ons ‘speelgoed’. Ons ‘restorasie’ van die X-klub ruimte is nog in proses :-)

Mag elke X-pedition saam met ons ‘n groot X-treme wees en mag julle net die grootste, coolste, amazingste, wonderlikste X-itingste, X-traordinary Jesus liefde X-perience!

~Renier van Aardt