A happening church North of the Magalies where people seek life change in Jesus

Monday, July 31, 2006

Barmhartigheid

Dit gaan goed met ons barmhartigheidsbediening in die gemeente. Ons besef dat hoe meer ons doen, hoe meer ontdek ons God se agape liefde. Die bediening is aan die werk by: die sopkombuis by die kliniek, N-Pos (Noord van Pretoria Opheffingskema), Huis Judea (Wolmer), Ruimte Bejaardesorg (Pretoria Noord), en die behoeftiges in ons eie gemeente.

Die kospakkie-projek vir Desember is ook aan die gang en ons vertrou die Here vir voltooing daarvan met groot sukses. Baie dankie vir almal wat reeds bygedra het en verdere ondersteuning word opreg waardeer.

Liefde, Marthie Feldtmann (koödineer)

Monday, July 03, 2006

Van die Kansel - Hoor Ons God?

“Christians are at a crucial time in history. Today more than ever, God’s people need to hear His voice, then stand afresh before Him – in our personal lives and in our churches – to trust Him to do all He promises.”
Dit is die woorde van Dr.Henry Blackaby in sy boek, What the Spirit is Saying to the Churches. In die boek handaf hy die argument dat dit juis ook in hierdie moeilike tye van die kerk se geskiedenis ook die tyd is waarin ons misluk om te hoor en te ken en te reageer op God se stem. Hoekom is dit so? Hoekom gebeur dit dat die kinders van die Here minder en minder die Here se stem ken?

In die boek, Finney Lives On deur V. Raymond Edman, lees ’n mens oor die lewe van Charles Finney en spesifiek sy herlewings boodskappe. Dit is vir my interesant om te lees hoe hierdie man in elke omblik van die dag seker gemaak het dat hy weet wat God wil hê en wat God besig is om te sê. Hy het dit immers sy “werk” gemaak om elke dag met God te ontmoet. Nou praat ek nie net van amptelikke afsprake soos ons vandag met die Here maak nie.

Hy het nie geleef op die stilte tyd in die oggend of in die aand nie, maar liewers het sy lewe getuig van ’n deurlopende gesprek tussen hom en die Here. Hy het geglo in “skietgebede”. Let asseblef op dat sy verhouding met die Here nie alleenlik op “skietgebede” gebou was nie. Hy het nogsteeds vroeg in die oggend en laat in die aand met die Here ontmoet. Tussen in het hy vir alles eers by die Here gehoor voor hy enige aksie geneem het.

Een insident waarvan ek gelees het was toe hy moes besluit het of hy in ’n sekere stad sou bly om aan te hou met die herlewings dienste wat baie geseënd was of sou hy huis toe gaan na sy vrou en kinders wat hom twee maande laas gesien het. Ek moet herken dat dit nie ’n moeilike besluit vir my sou wees nie. Ek sou huis toe gaan na mama toe! Maar nie Finney nie. Hy het onmidelik daaroor gebid. “Wat wil U van my hê, Here?” – Dit was sy bekommernis. En nadat hy ’n rukkie daar gestaan het en die Here op die plek konsulteer het, het hy geweet dat die Here hom nog twee weke wou gebruik het om dienste te hou, en het hy onmidelik planne gemaak vir die aand se samekoms.

Laat my so dink aan Abraham wat gehoor het dat die Here hom “na ’n plek” sou stuur wat Hy eers later vir hom sou uitwys. DieBybel sê dat Abraham die volgende oggend “toe dit nog donker was....” sy goed gepak het en getrek het.

Begeer jy nie om weer die Here te hoor nie. Ek praat nie van Sondae se preke nie. Dit help ook nie om te hoor wat die Here vir ander mense gesê het nie. Ek wil hoor hoe Hy met my praat. In Johannes 15 sê Jesus dat Sy skape Sy stem ken en volg. As dit die enigste rede is hoekom ons die Here se stem weer moet hoor dan is dit genoeg rede vir ons om weer opnuut kniee toe te gaan en te begin luister. Terloops, miskien is dit ons hele probleem. Dalk is dit hoekom die profeet stil geword het en die Kerk “haar stem veloor het!” - omdat sy nie meer luister nie! Nie meer vra: “Wat wil U van my hê, Here?”