A happening church North of the Magalies where people seek life change in Jesus

Wednesday, May 17, 2006

Mission Opportunity

Saam net Hennjie Venter en die Samaria Sending het ons die geleentheid om ‘n week in Mankweng deur te bring en te help met die vesteging van die Baptiste getuenis in hierdie gebied.

26 Junie—2 Julie

Tydens hierdie week gaan ons bou en hard werk, maar ook oomblike hê om mense te ontmoet en in hulle lewens intespreek. Dit sal ook ‘n geleentheid wees om mekaar en die Here beter te leer ken terwyl ons in soms moeilike omstandighede sy werk doen.

Verander lewens, verander jou lewe!

Dit gaan ‘n lewens vernaderende ervaring wees—vir jou en vir die mense wat ons ontmoet. Kies jy om die vakansie voor die televisie te spandeer of kies jy liewers om jou lewe te laat verander, en ander lewens dalk ook deur jou?

Saturday, May 13, 2006

Moedersdag

‘n Onderwyseres in ‘n laerskoolklas het die kinders ‘n les oor magnete gegee en verduidelik wat ‘n magnet kan doen. Die volgende dag het sy ‘n skriftelike toets gegee en die volgende vraag gestel: ‘My naam het sewe letters. Die eerste letter is ‘M’. Ek tel goed op. Wat is my naam?’ Toe sy die vraestelle ingeneem het was sy baie verbaas om te sien dat byna 50% van die kinders die vraag met die woord ‘moeders’ beantwoord het!

Moeders is baie meer as magnete wat klere en speelgoed optel! ’n Goeie moeder is lief vir haar gesin en sy sorg vir ’n liefdevolle en besekrmende atmosfeer waar almal tuis kan voel. Sy is daar om te luister, die regte trooswoord te gee, en haar arms is altyd oop om ’n drukkie te gee. Maar die belangrikste wat ’n moeder kan doen is om haar kindertjies van Jesus te leer.

(van Ons Daagelikse Brood)

Monday, May 08, 2006

Ons Visie en Missie

Gemeentevisie: Ons lei mense tot lewensverandering in Christus

Ons Missie: One gemeente wil mense geestelik opbou, help om hulle gawes te ontwikkel en in vriendskap met die res van die span bring, sodat hulle volgelinge van Jesus sal word wat saam met ons God sal dien en in aanbidding verheerlik.