A happening church North of the Magalies where people seek life change in Jesus

Monday, June 05, 2006

Ons Sendelinge

I.I.I. Ministry

Kees en Else Lugthart het onlangs verslag gestuur van die twee naweke in Mei wat hulle in Swaziland deurgebring het.

Hulle het die Jesus-film vertoon, en Kees skryf dat in Kaphuka, die tent so gepak was dat daar baie mense selfs buitekant gestaan het.

Kees beskryf ’n geetslike stryd wat aan die gang was, “Een jong vrou het vertel dat haar pa haar verbied het om na die tent to kom omdat hy haar gesê het dat dan sy hele lewenswerk aan haar verniet sou wees. Sy was besig om ‘n sangoma te word”.

Kees en sy span het die kans gehad om mense na die Here te ly. Hulle is nou besig om hierdie mense optevolg. Laat ons vir hierdie nuwe volgelinge van Jesus bid, dat hulle ’n diepe verhouding met Hom sal vestig. Laat ons ook bid vir Kees en Else en die belangrike werk wat hulle doen.